Tyler Cowen

Tyler Cowen
Tyler Cowen in 2007

Gebore (1962-01-21)21 Januarie 1962
Bergen County, New Jersey, VSA
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vakgebied Ekonomie, outeur, blogger
Alma mater George Mason Universiteit
Harvard-universiteit
Doktorale promotor(s) Thomas Schelling
Beïnvloed deur Plato, Carl Menger en die Chicago-skool

Tyler Cowen (/ˈkaʊən/; gebore 21 Januarie 1962) is 'n Amerikaanse ekonoom, rubriekskrywer en blogger. Hy is 'n professor aan die George Mason Universiteit, waar hy die Holbert L. Harris-leerstoel in die ekonomiese departement beklee.[1]

Cowen skryf die "Economic Scene"-rubriek vir The New York Times en is sedert Julie 2016 'n gereelde meningsrubriekskrywer by Bloomberg Opinion. [2] Hy skryf ook vir publikasies soos The New Republic, The Wall Street Journal, Newsweek en die Wilson Quarterly. Hy is hoofdirekteur van George Mason se Mercatus-sentrum, 'n universiteitsnavorsingsentrum wat op die markekonomie fokus. In September 2018 het Tyler en sy span by die George Mason Universiteit Emergent Ventures geloods, 'n toekenning en genootskap wat gefokus is op "maanskoot" idees.[3]

Hy is in 2011 op nommer 72 onder die "Top 100 Global Thinkers" gerangskik deur Foreign Policy.[4] In 'n peiling van kundiges in 2011 deur The Economist, is Cowen ingesluit in die top 36 nominasies van "watter ekonome die invloedrykste was oor die afgelope dekade".[5]

  1. "Tyler Cowen". Mercatus Center. George Mason University. 15 Augustus 2008. Besoek op 13 Oktober 2019.
  2. "Tyler Cowen: Bloomberg Opinion Columnist". Bloomberg (in Engels). 9 Januarie 2025. Besoek op 11 Januarie 2025.
  3. Biggs, John (13 September 2018). "Economist Tyler Cowen Launches a Fellowship and Grant Program for Moon Shot Ideas". TechCrunch.
  4. "The FP Top 100 Global Thinkers (#72 Tyler Cowan:For finding markets in everything)". Foreign Policy. Desember 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op April 16, 2012. Besoek op Maart 21, 2012.
  5. "Economics' most influential people: A survey of economists on economists". The Economist. 1 Februarie 2011. Besoek op 30 Junie 2012.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne